E-mail MM.jpg
Môre Hennie en Ander
Soos tydens die vergadering genoem, en reeds sedert 2021 bespreek, volg die Mosselbaai Munisipaliteit nie die vereiste prosesse vir publieke deelname soos dit volgens die wet gedoen moet word nie.
Alle vergaderings, insluitend die IDP van 2021 22 tot 2027, is onwettig omdat die prosedures wat gevolg is nie regmatig is nie. Neem asseblief kennis van die volgende dokumente — dit is nommer een van tien wat onder die gemeenskappe van Mosselbaai versprei gaan word:
1. Intro Budget Meeting Hartenbos 2026 04 21 (Opname: eerste minuut van die vergadering)
2. Public Participation Process 2026–2027 (Wette en hofuitsprake wat deur die Mosselbaai Munisipaliteit geminag word)
3. Hartenbos Ward 10 – Nine Page Discussion Document (Handout)
4. Mossel Bay Municipality – Draft Budget 2026 27 – Pages 261 (Die aanhangsels plus die dokument moes aan ons voorsien word, maar dit is nie gedoen nie)
Die res van die opnames volg, insluitend die gedeeltes waar geweier is om die dokumente wat verband hou met die lenings van R771 miljoen — aangegaan en begroot tot en met die 2026 27 finansiële jaar — in detail te bespreek, soos deur wetgewing voorgeskryf word.
Dit moet duidelik gestel word dat die vergadering nie oor die 2024 25 state gegaan het nie (lenings van R400 miljoen in 2024 25), maar oor die 2026 27 begroting, waar lenings van R771 miljoen aangegaan en begroot is.
Die begrotingsvergadering is deur Raadslid Leon van Dyk en Hennie Roux só gemanipuleer dat die geleentheid nooit gebied is om die beleggings teenoor die lenings sedert 2020 behoorlik te bespreek nie.
Alles wat tydens die vergadering gesê is, sal aan die publiek van Mosselbaai oorgedra word.
Soos genoem: die Mosselbaai Munisipaliteit staan nie bo die wette van die land nie.
Sowat 200 mense het die afgelope week ook kennis geneem dat die sogenaamde "skoon oudits" nie die papier werd is waarop dit geskryf is nie.
Lees gerus self daaroor:
1) https://eden-movement.co.za/grfirst/index.php?topic=408.0
2) https://eden-movement.co.za/grfirst/index.php?topic=430.0
ORIGNAL AFRIKAANS – TRANSLATED TO ENGLISH
Good morning Hennie and Others
As mentioned during the meeting, and already discussed since 2021, the Mossel Bay Municipality has not been following the required processes for public participation as prescribed by law.
All meetings, including the IDP from 2021 22 to 2027, are unlawful because the procedures that were followed are not legitimate. Please take note of the following documents — this is number one of ten that will be distributed among the communities of Mossel Bay:
1. Intro Budget Meeting Hartenbos 2026 04 21 (Recording: first minute of the meeting)
2. Public Participation Process 2026–2027 (Legislation and court rulings disregarded by the Mossel Bay Municipality)
3. Hartenbos Ward 10 – Nine Page Discussion Document (Handout)
4. Mossel Bay Municipality – Draft Budget 2026 27 – Pages 261 (The annexures plus the document should have been provided to us, but this was not done)
The rest of the recordings will follow, including the sections where there was a refusal to discuss in detail the documents relating to loans amounting to R771 million — entered into and budgeted up to the 2026 27 financial year — as required by legislation.
It must be clearly stated that the meeting did not deal with the 2024 25 financial statements (loans of R400 million in 2024 25), but with the 2026 27 budget, where loans of R771 million have been and are being undertaken.
The budget meeting was manipulated by Counsellor Leon van Dyk and Hennie Roux in such a way that no opportunity was given to properly discuss the investments versus the loans undertaken since 2020.
Everything said during the meeting will be conveyed to the public of Mossel Bay.
As mentioned: the Mossel Bay Municipality is not above the laws of the country.
About 200 people have also taken note in the past week that the so called "clean audits" are not worth the paper they are written on.
Read more here:
1) https://eden-movement.co.za/grfirst/index.php?topic=408.0
2) https://eden-movement.co.za/grfirst/index.php?topic=430.0
Kind Regards
Johan Gräbe
1) Recording of the Actual Meeting - Introduction Counsellor L. Van Dyk
1) Intro Budget Meeting Hartenbos 2026-04-21.m4a
2) Public Participation Process 2026–2027.pdf
3) Hartenbos Ward 10 – Nine‑Page Discussion Document (Handout).pdf
4) Mossel Bay Municipality - Draft budget 2026-27 - Pages 261.pdf